SUID AMERIKA TOER - INLIGTING & PRYS - 15 APRIL – 17 MEI 2006
|
Toer na Suid Amerika. 15 APRIL - 7 MEI 2006 ARGENTINIE PERU BRASILIE
Hiermee maak ek graag my volgende toer na Suid Amerika aan u bekend. Bietjie agtergrond oor myself. Ek is al oor die 20 jaar aan die rondloop in Suid Amerika.Veral in Argentinie, Brasilie, Paraguay, Chile en Uruguay. Ek praat en lees Spaans. Sedert 1990 het ek my eie besigheid. My vrou Leonie en ek maak leerbaadjies. Hoofsaaklik van beesleer wat hulle vir ons in Suid Amerika looi. Van daar die naam Jeroni Leerbaadjies. Met die ekonomiese insinking in Suid Amerika in November 2001 en met ons Rand wat baie versterk het teen die U. S. Dollar is Suid Amerika een van die goedkoper bestemmings vir Suid Afrikaners.Nou is die idiaale tyd om daar te besoek. Die verkoopsmense in Buenos Aires praat al gebroke Afrikaans. Ek neem graag van ons mense met my saam op georganiseerde toere na Suid Amerika. Ek neem mense na die lekker plekke waar ons dit kan geniet. Nie te veel katedrale kerke en museums nie.Ons besoek die uitstaande natuurplekke, groot riviere, watervalle plekke waar die mense hul eie kultuur en musiek uitleef. Ons eet saam met hulle hul lekker kosse Churuscarias, asados en drink hul cervesas en kai perinas. Ons vlieg met SAL. na Sao Paulo en terug na JHB.Binnelands daar vlieg ons met Varig, en Aerolinias Argentina en Lanchile. Baie knap en goed georganiseerd. Die prys sluit al die vlugte in. Alle vervoer van en na die lughawes of busterminale toe. Alle verblyf in Hotelle met ontbyt.Op elke plek waar ons gaan is daar verskeie uitstappies.nie almal wil altyd op al die uitstappies gaan nie. Die uitstappies is opsioneel en jy betaal net vir die uitstappies waarop jy gaan. Meeste uitstappies is tussen 10 en 20 U$D. Met ander woorde tussen R60.00 en R120.00. per persoon. Met ons besoek aan Peru is die transport na al die plekke wat ons gaan besoek in die prys ingesluit. Dis net as ons op `n plek kom en jy wil iets ekstra doen soos bv om `n kabelkarretjie na die spits van die berg te neem of ingangs gelde betaal moet word betaal jy self. Middag en aandete is vir jou eie rekening. Ek sal sorg vir goedkoop eetplekkies as ons op n uitstappie gaan. Ons gaan nie honger ly nie. In die aande sal ons meestal saam in `n groep na `n restaurant gaan waar ons die tradisionele kos en musiek van die mense kan geniet.`n Smaaklike ete in Rio in die restaurant kos nou 15 Reales. of 5 U$S. R30.00 p.p. Oral is daar Supermercados soos Pick `n Pay waar jy ook alles kan koop, goedkoop. Al die Hotel name en adresse sal aan Toerlede voorsien word voor ons vertrek. Ons gaan nie na 5 ster Hotelle nie maar Hotelle wat skoon netjies en gerieflik is. Suid Amerika is ook in die Suidelike Halfrond en ons gaan na gebiede wat tropies is tot yskoud. Ek sal deeglike voorskrif gee van kleredrag vir almal wat saamgaan.Kry solank `n lekker lig gewig reenjas. Kos en drank is so goedkoop dat dit onnodig is om eetgoed saam te neem. Beskuit en `n drink dingetjie is reg. 2 Botteltjies drink goedjies van eie smaak kan maklik saamgaan. Meer as 2 ook nog.
Ek kan U verseker die toer is goeie waarde vir U geld en U moet maar reg maak vir `n tyd van U lewe. Ek stuur `n spaanse woordelys saam.Woorde word net soos in afrikaans uitgespreek.`n H word nie uitgespreek nie. `n U soos `n dubbele oo. Vir eers genoeg. Hasta Luego. (tot weersiens) Jerrie Roux. TEL/ FAKS 012 3293991. e pos jeroni@lantic.net SEL 0827842465
PRYS VIR DIE 23 DAE TOER NA SUID AMERIKA IS R22900.00 per persoon. Opsionele uitstappies en lughawe belastings in Suid Amerika is uitgesluit. Suid Afrikaanse paspoorthouers het nie visums nodig vir die lande wat ons besoek nie. `n Geelkoors sertifikaat is nodig.
|
||
Adverteer op die internet bekostigbaar en effektief ("click"hier)
Copyright © 2004 [ADSSA]. All rights reserved.