SUID AMERIKA TOERPROGRAM 15 APRIL – 7 MEI 2006
|
DAG 1 Vertrek JHB – BUENOS AIRES. Arriveer laat middag in Buenos Aires. Transport lughawe na Hotel in Down Town Buenos Aires. Res van middag en aand vry om die gebied om die Hotel te verken. Die Hotel is gelee naby baie interessante plekkies en baie veilig om rond te beweeg. Selfs in die aand.
DAG 2 Vertrek vroegoggend vanaf Hotel na die binnelandse lughawe om vlug te haal na CALAFATE in die suide van Argentinie. Calafate is `n vakansie dorp gelee langs die meer Lago Argentina. Die grootste binnelandse meer in Argentina. Van hier af word die meer interessanste gletsers besoek. Die gletsers wat smelt is die water toevoer na die meer toe. Transport van lughawe na Hotel Schehen. Ons tuiste vir die volgende 3 nagte. Die Hotel is splinternuut en het `n lieflike uitkyk op die meer en sneeubedekte berge. Dis warm in die Hotel met ondervloerse verwarming. Die hotel het `n onderdakse warmwater swembad. Die Hotel is net die plek om lekker te ontspan en die omgewing te geniet.
DAG 3 Vertrek op heeldag uitstappie na die mees gewilde gletser Perito Moreno.Gratis uitstappie. Aand besoek saam restaurant in die skilderagtige dorpie of eet heerlike aandete in die Hotel. `n Lekker kuierplekkie.
DAG 4 Dag vry om een van vele ander uitstappies te onderneem. Die uitstappies is opsioneel. Die heeldag uitstappie per bus en luukse boot oor die meer na die gletser Upsula word aanbeveel. Werklik `n belewenis om te sien hoe die gletsers tonne stukke ys af breek en in die meer neerstort. Keer eers laat aand terug.
DAG 5 Vroeg opstaan of bietjie laat slaap as jy wil want die oggend is vry om in die dorpie langs die meer rond te loop. Daar is heelwat lekker eetplekkies in die dorp. Middag vertrek na die lughawe vir terugvlug na Buenos Aires. Transport van lughawe na ons Hotel in Down Town. Buenos Aires. Ons gebruik altyd dieselfde Hotel in Buenos Aires. Vanaand besoek ons `n uithaler Tengo Vertoning en kuier tot laatnag.
DAG 6 Vertrek vroegogend na die Internasionale Lughawe vir ons vlug na Lima Peru. 6 ure vlug. Genoeg tyd om verlore slaap van vorige aand in te haal. Aankoms in Lima Peru die die land van vele kontraste. Ons gaan die roete van die Inkas volg en van hul belangrikste plekke besoek. Peru is ons tuiste vir die volgende 8 nagte.
Sien aangehegte ITINERARY FOR PERU. Day 6 to Day 14. "Kliek hier.
DAG 15 0600 vm. Aankoms in Buenos Aires. Internasionale lughawe. Transport van lughawe na Hotel in Down Town Buenos Aires. Stadstoer van Buenos Aires word gedoen met dieselfde bus wat ons na die Hotel neem. Die stadstoer is 3 ure. Res van dag vry om Buenos Aires te verken. Ook die baie bekende Florida straat te besoek. 2 Blokke weg van die Hotel af. Daar is`n verskeidenheid van uitstappies wat van die Hotel af gedoen kan word. Alles is baie goedkoop in Buenos Aires.
DAG 16. Oggend vry om vir oulaas Buenos Aires te geniet. Middag vertrek na bus terminal, om bus te haal na Puerto Iguasu. Die dorp aan die Argentynse kant van die Iguasu valle. Dis `n luukse bus met geriewe op en die rit na die valle is oornag. Die sitplekke is gerieflik en `n goeie nagrus kan geniet word .
DAG 17 Aankoms in Puerto Iguasu vroegoggend. Hier bly ons 1 nag en na inboek in die Hotel ry ons (10 km ) na die Natuurpark waar die valle gelee is. Res van dag spandeer ons in die park. Daar is bv `n treintjie wat van die ingang af ry tot by die watervalle. Daar is verskillende roetes om te stap om goeie uitsig van die valle te he. Ook `n bootrit na die eiland voor die valle. Die ingangsgelde is 10 U$S per persoon en dan is al die dienste in die park verniet. ( Sien aanhangsel – USEFULL TIPS ) Laatmiddag keer ons teug na ons Hotel. Daar is `n swembad en die Hotel is sentraal gelee met baie eetplekkies in die omgewing.
DAG 18. Vertrek vroegoggend na die Brasil kant aan die anderkant van die watervalle. Ons gaan deur die Doeane en laat ons paspoorte stamp. Voor ons inboek in die Hotel besoek ons eers die ITAIPU Dam . Dis die grootste hidroelektriese krag opwekking in die wereld. Die dam is in die Parana rivier . 30 Km stroomop van waar die Iguasu river in die Parana rivier in vloei. Die hele gebied is baie tropies met digte boomgroei en groot riviere. Na ons in die Hotel ingeboek het vertrek ons weer na die Iguasu Natuurpark maar die keer aan die Brasil kant van die Iguasu rivier. Ingang is weer 10 U$$ per persoon. Ons spandeer die res van die dag hier. Helikopter vlugte oor die valle kan gedoen word. 60 U$S vir 12 min. Op pad uit is `n groot voelpark met al die inheemse voels soos die Makaw pappegaaije en tokaans. Semi edelstene word in die omgewing gemyn.Agate amatis en ander. Die mooiste juwele word van die stene gemaak en verkoop teen baie goeie pryse. Aand besoek ons `n restaurant met groot buffet ete en uithaler lateens amerikaanse musiek en danse. U sien en hoor die Paraguayse harp, Brasil samba, Chiliaanse musiek en Boloviaanse fluit ens.Laat aand vertrek terug na ons Hotel. Ete en musiek 20 U$$ per persoon.
DAG 19 Vertrek van Hotel af na lughawe vir vlug na Rio. Middag aankoms in RIO DE JANEIRO. Middag en aand vry om die Copa Cabana gebied te besoek en te geniet. Ons Hotel is in die Copa Cabana gebied. 2 blokke van die strand af. DAG 20. Vertrek op heeldag uitstappie om die Corcovado bergspits per tandrat trein te besoek. Die Christus standbeeld is op die hoogste spits. Ons kuier hier vir 2 ure om die pragtige uitsig van RIO hiervandaan te sien. Na die Corcovado vertrek ons na die SUGERLOAF BERG . Ons gaan op met 2 Kabelkarretjies tot heelbo en bly op die berg tot sonsondergang. Die miljoene liggies van RIO wat aangeskakel word is net soos die sonsondergang indrukwekkend van hier af. Na die Sugerloaf berg gaan ons weer terug na die Hotel . die heeldag uitstappie is 40 U$$ per persoon. Die aand gaan eet ons `n Churascaria. Brasil braai. Eet soveel as jy wil vir +- 10 U$$ per kop. DAG 21 Vry dag om RIO te verken of om op nog een van vele uitstappies te gaan. Meer inligting oor al die uitstappies sal nog gegee word. DAG 22. Vertrek van Hotel na Lughawe vir vlug terug na SUID AFRIKA. DAG 23 0600 vm. Aankoms in Johannesburg. Sien aangehegte ITINERARY FOR PERU. Day 6 to Day 14. "Kliek hier. |
||
|
|
|
Adverteer op die internet bekostigbaar en effektief ("click"hier)
Copyright © 2004 [ADSSA]. All rights reserved.