Toer   na  Suid  Amerika.

                               11 APRIL – 2  MEI  2005.

Brasilie  Argentinie  &  Peru

 

 

Dag  1  Rio de Janeiro.  Aankoms –Transport van lughawe na Hotel in CopaCabana.

Ons gaan tuis in die Hotel  Astoria. Sien  www.astoria.com.br

Ons kom  22.00 by die Hotel aan en vir die wat wil kan ons 2 blokke afstap na die strand gebied toe en `n bietjie ontspan na die lang vlug van Suid Afrika af by een van die talle kuierplekkies langs die strand.

 

 Dag  2  Rio de Janeiro.  Ontbyt is `n buffet ontbyt wat alles insluit.Vertrek na ontbyt so teen 10.00vm per bus na die Christus standbeeld bo op die hoogste berg in Rio, die Corcovado. By die voet van die Corcovado vertrek per trein op `n tandrat  spoor tot heelbo. Die spoor loop deur `n digte boomryke gebied en interessante plantegroei sal uitgewys word soos ons op gaan met die trein.Bo is daar `n baie mooi uitsig na alle kante van Rio toe. Daar is netjiese eet en drink plekkies al om die Christus standbeeld. Ook interessante soewenier winkeltjies.

Ongeveer 14.00 vertrek per bus vanaf die Corcovado na die Sugarloafberg. Ons gaan met Kabelkarretjies

tot op die hoogste  punt. Lieflike uitsig van hier oor die stad en ons geniet `n sundowner terwyl die son sak en  die liggies van Rio de Janeiro aankom.  Tussen die twee besoeke, ry ons deur die downtown van RIO en besoek die ou Militere museum en die groot moderne Katedraal. Bo op die hoogste punt van die Sugerloaf berg is daar `n digte woud met netjiese wandelgange. Ons is nie haastig nie en gaan so lank bly as wat ons wil.Daar is baie sitplekke en `n baie veilige heining al om die rand van die berg en ook soewenier winkeltjies bo op die berg. Fotograwe kom hierheen om die sonsondergang oor RIO af te neem.

Die voldag uitstappie is twee uitstappies in een en die kostes vir albei is U$S 40 per persoon. Dit sluit die busvervoer, van en na die Hotel in.  Die tandrattreinrit kaartjie en die kabelkarrit kaartjie in.

Terug by die Hotel kan almal ontspan en `n stort neem . Die Hotel het `n lekker swembad en sauna.

Om  22.00 kom almal bymekaar in die voorportaal van die Hotel en ons stap saam na een van die CHURASCURIAS

om `n tipiese Brasil vleisbraai te geniet. Jy eet so veel as jy wil.  U$S 10.00 per persoon.

Laataand terug in die Hotel vir `n goeie nagrus.

 

 Dag 3 Rio de Janeiro. Na ontbyt vertrek op een van vele uitstappies vanaf die Hotel. Bv besoek die baai  van 1000        eilande. Ongeveer 100 km vanaf Rio. Ry per bus tot by die baai en dan per boot tot by een van die eilande. Middagete ingesluit en dan weer terug na die Hotel, betyds om vir oulaas  bietjie te kuier langs die Copa Cabana strand se vele

kuier plekkies. Die besoek aan die eilande is  U$S 25 per persoon. Daar is nog ander uitstappies wat ook vanaf die

Hotel gereel word. Party heeldag of halfdag. Kyk op die webtuiste  www.jeeptour.com.br

In plaas van op een van die uitstappies te gaan kan `n heerlike dag in Copa Cabana deurgebring word.

Daar is vele interessante plekkies om te besoek. Die strand. Een van die vlooimarkte of die vrugte  en

groente straatmark. `n Paar blokke  word vir die mark toegemaak.   Alles baie skoon.

 

         Interessant om vroegoggend langs die strand te stap en sien hoe die Cariocans inwoners van Rio

vir Kms stap of draf. Oues en jonges. Vettes en mares.  Langes en kortes.  Werklik `n skouspel. So  die wat

vroeg opstaan  kan gaan mee doen aan die oefening. Natuurlik sonder enige iets waardevols aan jou lyf..

Die weer in Rio is warm maar in die aande koel dit af. 18  -  33 grade C. Dit kan ook reen met ons besoek aan Rio.

Kleredrag kortbroek met ligte hemp of bloes. Tekkies. Water koop jy in `n bottle en laat dit koud word in jou yskas.

Orals is ook 2 liter waterbottels te koop. Water met gas of sonder gas.

Vir die persone wat nie saam met die groep wil gaan uiteet nie is daar baie Supermarkte wat laataand nog oop is.

Daar kan jy vars klaar voorbereide kos koop. Jy kan dit na jou Hotelkamer neem en daar geniet.

Orals is daar TV `s in die Hotelkamers en daar is baie kanale om te kyk.

 

 

 

Dag  4  RIO de JANEIRO – VOS de IGUASSU. Na ontbyt vertrek vroeg  0900 vm  na  lughawe vir vlug na 

VOS de IGUASSU. Lughawe belasting 7 U$S per persoon.

Die Brasil kant van die groot Iguassu watervalle. Aankoms op die lughawe is 11.30 vm

Die Iguassu rivier se oorsprong is 1200 Km van die waterval af, by die see en loop dan binneland toe.15 Km

Voor die Iguassu rivier in die groot Parana rivier inloop kom die Valle voor.Die Iguassu rivier maak hier `n T

Aansluiting met die Parana rivier. Aan die weste  kant van die Parana is  Paraguay. Aan die ooste kant van die Parana is Brasil aan die noorde kant van die Iguassu en Argentinie aan die suide kant. Die waterval strek van

Brasil tot by Argentinie.Weerskante van die waterval is groot natuurparke wat goed ontwikkel is vir toerisme.

Ons gaan albei kante die valle besoek.

By ons aankoms op die lughawe pak ons al die begasie in ons bus wat vir ons sal wag. Dan ry ons deur die stad

Vos de Iguassu na die Itaipu dam toe. Die dam huisves die grootste Hidroelektriese kragopwekking in die

Wereld. 13600 MW. Die dam is 30 Km stroomop met die Parana rivier. `n Video vertoning van `n halfuur word gekyk oor die konstruksie van die Itaipu dam . Dan ry ons oor die damwal na 3 uitkyk plekke.  Die sluise is aan

die Paraguay kant van die wal en as die dam oorloop sal ons die skouspel van die Paraguay kant gaan besigtig.

Van die Itaipu dam af ry ons direk na die Iguassu watervalle toe.Ons bus laai ons by die ingang  van die valle

Natuurpark af. Ons ry dan met `n toeriste bus  met oop dek sowat 15 Km tot by die valle. Klimaat tropies en

warm. Ons spandeer die res van die middag hier en elkeen gaan sy eie pad. Daar is baie wandelpaadjies om

die valle. Daar is ook `n hysbak om op en af langs die valle te gaan. Daar is talle eetplekkies en soewenier

winkeltjies. Laat middag kom ons weer bymekaar en ry terug tot by die ingang waar ons bus vir ons sal wag.

Nou gaan ons na ons Hotel waar almal kan ontspan. Daar is `n lekker swembad en groot restaurant. Die wat

honger is kan maar ietsie eet maar die aand gaan ons `n groot restaurant besoek waar `n uithaler musiek en dans

vertoning gegee word. Musiek en danse van al die SUID AMERIKAANSE lande. Daar is `n groot buffet ete van

alle kosse en nageregte. Werklik `n groot verskeidenheid.  Na die vertoning gaan ons Hotel toe vir `n lekker nagrus.

Die besoek aan die Itaipu dam en die valle moet almal meemaak. Die aand kan jy nog uitsit as jy wil.

Kostes. Itaipu U$S 10 per persoon en die ingang na die valle U$S 10 per persoon. Die musiek en dans

Vertoning met ete is U$S 20 per persoon.

 

Dag 5. Na ontbyt vroegoggend vertrek ons na die Argentynse kant,ons gaan deur die Doeane en vertrek direk

na die valle. Die dorp aan die Argentynse kant is PUERTO DE IGUASSU. 0800 As die natuurpark oopmaak

gaan ons deur die hekke. Ingang kos U$S 10  per persoon en dit sluit al die gebruike van die Park in.

By die ingang is daar `n trein wat 10 km of so ry tot by die begin van die 1 Km voetbrug wat ons neem tot by

Hoofvalle. Die Duiwel se Keelgat. Dit is baie gerieflik en veilig om met die brug te stap. Na die besoek stap ons weer terug tot by die trein  ( wat elke halfuur verby kom ). Daar is verskeie stasies wat jy kan afklim en na die valle

kan kyk. Elke keer iets anders. Orals is daar geriewe en eetplekkies. Elkeen is op sy eie en 1300 kom ons bymekaar

Om 1500 te vertrek per bus. Eers deur die provinsie Missiones  met sy mooi natuur na Posadas die hoofstad van

Missiones. Dis `n 6 uur bus rit tot by Posadas. Van Posadas af vertrek ons 2100 op `n oornag busrit na BUENOS AIRES. Die bus is baie luuks en jy kan lekker slaap op die bus. Die bus stop een of twee kere in die nag vir 30 min.

op `n slag. Die bus raak koel in die nag en by Posadas moet ons lekker warm aantrek.

Die klimaat by die valle is tropies net soos by RIO. In die aand ook so 18 grade C.

 

Dag 6. 0600 vm  Aankoms in Buenos Aires busterminaal, bekend as Retiro.  Van hier af kan jy werklik na enige

plek in suid Amerika `n bus haal. Die busterminale is netjies en goed toegerus. Die terminal is aan die grens van Downtown gelee waar ons in Buenos Aires gaan bly. Dit is nou Saterdag die 16 de April en die heel dag le voor.

Ons is net een dag in Buenos Aires want more die Sondag vertrek ons na Calafate in die suide van Argentinie.

Ons vertrek met `n kleiner bus na ons Hotel enkele Km vanaf Retiro.  Hier boek ons in en die heel dag is jy op jou eie om  Buenos aires te verken. Waar ons in die Downtown bly is ons in die middel van alles. Die bekende

FLORIDA straat is naby ons hotel en u gaan meeste van die Saterdag in Florida deurbring. Die straat is toegemaak

vir verkeer. Dis die Mekka van rondsnuffel en inkopies. Net vir die lekker. Enige leergoedere is hier die beste en

goedkoopste.  Die aand is ons almal terug in die Hotel en gaan ons `n Tengo Restaurant besoek. Ons sal tengo musiek en dans uit die boonste rake beleef. Hier moet almal saamgaan.

Laataand terug in die Hotel vir `n lekker nagrus. Goeie raad hier is om die middag jou siesta te neem en so drie ure

slaap in te kry.

Kostes  Tengo aand 25 U$S per persoon.

 

VIER DAE BESOEK AAN CALAFATE IS OPSIONEEL  Kostes  Retoer vlug ,3 nagte B & B is U$S 400 p.p.

 

Dag 7.  BUENOS AIRES – CALAFATE. Lughawe belasting 7 U$S per persoon.

Vertrek vroeg na die lughawe  om die vlug na Calafate te haal.

Calafate is in die suide van Argentinie  in die streek bekend as Patagonie. Calafate  is `n klein toeriste dorpie

langs die meer Lago Argentina . dit is die grootste binnelandse meer in Argentinie.Dit is die gletser gebied.

Die gletsers word gevorm van die ys wat van die Andes af kom na die platwereld toe. Hier word die ys `n meer

soos die ys smelt. In die meer is daar groot gletsers wat  besoek kan word. Die bekende een is die Perito Moreno Gletser.

Hierdie gletsers is in die Nasionale Gletser Park. Daar is verskeie uitstappies  na die Park toe.

Ons verblyf sluit bed en ontbyt in en in die aande kan ons van die eetplekkies besoek of u kan in die Hotel iets eet.

Dag 8 en 9. CALAFATE.

Vanaf ons Hotel is daar `n paar uitstappies wat geneem kan word.

Oa.  Ook trekking oor die ys. Wat die aard van die uitstappies is en die kostes daaraan verbonde sal ek deurgee sodra

ek dit het. Ons is egter in `n Unesco wereld erfenis gebied wat eksklusief aan Patagonie is en ons gaan dit geniet.

Die tempt. Hier is tussen 0 en 20 grade C en as die Antartica winde waai nog kouer. Kleredrag sal ek aanbeveel

warm langbroek en warm wind breaker baadjie.

 

Dag 10 .Laatmiddag 1743 nm. Vlieg ons terug na Buenos Aires . Ons kom 2039 op die Nasionale lughawe aan.

2130nm behoort ons in ons Hotel te wees vir `n goeie nag rus.

 

Dag 11. BUENOS  AIRES  -  LIMA  - CUSCO. Lughawe belasting Buenos Aires is 18 U$S per persoon.

Vroeg opstaan en 0845 vertrek ons van die Internasionale lughawe in  Buenos Aires na  Lima die Hoofstad van Peru.

Dit  is `n   4 uur 30 min vlug en genoeg tyd vir die  wat moeg is `n slapie in te kry.die tydverskil is 2 ure tussen Peru en Argentina.  Plaas van 13.15 kom ons nou 11.30 vm in Lima aan. Ons bly op die lughawe  en neem `n een uur vlug na Cusco waar ons  ongeveer 15.00 nm aan kom.

Cusco is gelee aan die hange van die Andes aan die ooste kant in die vallei  van die Huatanay rivier wat afloop  na die Amasone rivier. Na aankoms op die lughawe van Cusco vertrek ons na ons Hotel. Sentraal

gelee. Cusco is die antieke hoofstad van die Inca  Ryk.  Seker die mees fasienerende plek wat ons besoek.

Van Cusco af begin ons roete op die spoor van die Inca en vroere beskawings wat hul blyplek in hierdie deel van die wereld gemaak het. Ons beweeg in die hoe hange van die Andes en afgesien van die interessante geskiedenis van die gebied word ons deurgaans met wonderlike natuurtonele begroet.

Cusco is 3400 meter bo seevlak. Cusco word beskou as die mees belangrikste argeologiese plek in Suid Amerika. Dit kan gesien word as die hoofstad van die Incas vanwaar hul kultuur versprei het.

Ons plan word nou gewysig en ons gaan eers  die 4 dae Safari  na die Manu  Natuurpark onderneem voor ons die Inca vestings gaan besoek.

 

Dag 12. Na ontbyt vertrek ons op `n 4 dag Safari met `n spesiaal toegeruste voertuig vanaf Cusco teen die Andes af deur die Manu Ekologiese  Natuurpark. Op ons roete besoek ons van die Inca vestings. Ons gaan af na `n dorpie van die Spaanse  Koloniale  tydperk  Paucartambo ( sien kaart ) . Nog verder af  na die wolke woud

waar daar altyd `n digte wolklaag is . Die digte wolklaag veroorsaak `n klimaat met hoe humiditeit wat idillies  vir sekere plantegroei is en dan die diere verskeidenheid wat op die plantegroei  floreer. Orgidee boom varings ( van die oudste plante nog ) en baie ander soorte. Verskeidenheid voels  sommige wat net

in sulke natuurplekke voorkom sal gesien word.  Bv . ( Cock of the Rock, Spectacled Bear ).

Ons beweeg verder tot by  San Pedro kamp waar ons oornag.

  Naby ons kamp is `n uitkyk punt waar die ryk verskeidenheid  voels gesien kan word. Onder andere die  nasionale voel van Peru. Cock of the Rock.

Dag 13 & 14.

Na ontbyt vertrek ons verder met ons oorland  safari. Met `n nou paadjie al langs die vallei af. Baie watervalle op pad.  Vir die meer avontuurlustiges  kan `n deel van die tog per rubberduck gedoen word.Dis heel veilig op `n plat deel van die rivier in die vallei met baie stroom versnellings. Ons gaan verder tot by die hawe  in die groot rivier  Madre de Dios  (moeder van die Here ). By die hawe dorpie Atalaya. Sien kaart. Hiervandaan gaan ons per motorboot  so 30 min se vaart met die groot rivier af tot by ons kamp plek Erika Lodge. Ons oornag 2 nagte hier. Daar is baie kort staproetes om ons kamp. 

 

.  As gevolg van die ligging van ons kamp kom `n groot verskeidenheid diere hier voor. Na ontbyt

gaan ons op `n begeleide staptoer  waar die gids ons sal vertel van die diere en plantegroei wat hier voorkom. Op die staproete is `n lekker swemplek in een van die baie helder water poele  wat ons  teekom. Na middagete gaan ons op `n kort bootrit op die groor rivier wat by ons kamp verby loop na `n meer  waar  `n groot verskeidenheid watervoels gesien kan word. Onder andere die Hoatzin `n primitiewe voel , die swart caiman en ander spesies. Terug in die kamp maak ons reg vir ons laaste aand hier in die Amasone woud. `n Regte Oerwoud.

 

Dag 15.

Vandag vroeg vroeg opstaan. Ons pak al ons goed op die boot en maak reg vir ons terugtog na Cusco toe. Na `n paar minute op die rivier stop ons langs `n klei wal . Hier aanskou ons `n  kleurvolle en raserige  skouspel waar  `n verskeidenheid soorte papegaaie hul dieet aanvul met soute en minerale in die klei. Ons vaar verder tot by die hawe Atalaya waar ons weer ons voertuig kry wat ons  terugneem na Cusco toe. Op pad aanskou ons weer die mooi  gebied en laat middag kom ons  by ons Hotel in Cusco aan waar ons oornag Vir die wat moeg is vroeg in die bed

en vir die wat nog wil `n heerlike aandjie uit in Cusco.

 

Dag 16.

Na ontbyt  vertrek ons na Pisaq. Pisaq is 30 Km vanaf Cusco en gelee onder aan die voet van die INCA bergvesting wat die afdraai pad was na die ooste van die Amasone oerwoud. Vanaf die bergvesting is `n mooi uitsig wat uitkyk oor die Uramba Rivier vallei. Die hedendaagse Pisaq is `n interessante dorpie met `n groot plein en hande arbeid mark. In die omgewing is Ollanta en Ollantaytambo wat ons besoek voor ons terug keer na Cusco.

 

Dag 17.

Oggend na ontbyt vertrek ons per toeriste trein na Machu  Pichu die verlore stad. Sowat 110 Km van Cusco af.

Ons beweeg tot aan die voet van die berg waarop hierdie verlore stad is, genaamd Aguas Caliente of warm water.

Dis `n klein dorpie en van hier af gaan ons met `n geleide toer teen die berg op na die vesting om na al die verskillende geboue wat deur die Incas gebou was te kyk. Hier is hul temples. Paleise, terrasse en ander geboue.

Laat middag vertrek ons terug na Cusco met die trein. Oornag  in Cusco.

 

Dag  18.     Ontbyt in Hotel. Ons vertrek laat middag na die lughawe vir ons vlug na Lima.

Ons is vry om die dag in Cusco deur te bring. Afhangende van die gevoel van die Toergangers sal `n halfdag toer in die omgewing gereel word om van die nabye Inca plekke te besoek. Almal kom by die Hotel saam ongeveer 14.00

Om te vertrek na die Lughawe toe. Ons neem `n een uur vlug na Lima toe.

Aankoms in Lima die Hoofstad van Peru. Vertrek na Hotel wat sentraal gelee is. Elkeen is vry om die gebied

te verken en rond te snuffle.  Ons sal die aand  `n tipiese Peru  restaurant met musiek besoek.

Dag 19.

Na ontbyt in die Hotel is almal vry vir `n laaste paar uur in Lima op sy eie rond te beweeg. Al ons begasie moet teen 12.00 in die ingang van die Hotel wees. Ons vertrek op `n Stadstoer om van die nabye Inca plekke te besoek en laat middag kom die bus weer na die Hotel toe om ons begasie op te laai voor ons vertrek na die lughawe toe. Ons vlieg

Middernag terug na Buenos Aires toe. Ons moet 3 ure voor vertrek in klok by die lughawe.

 

Kostes. Al die transport. Hotel en Ontbyt en die 3 dae safari met 3 etes per dag is ingesluit in U toergeld.

Opsioneel en ekstra is:

Die  halfdag toer in Cusco  is U$S 20.00 per persoon.

Die halfdag toer  in Lima is 20 U$S per persoon.

Lughawe belasting moet deur elke persoon self  betaal word  voor die vlug en is:

U$S 5.10 vir binnelandse vlugte en U$S 28.10  vir buitelandse vlugte.

 

Dag 20.

Ons vertrek middernag van dag 19 op ons terugvlug na Buenos Aires. Die vlug is 4 uur 30 min en met die 2 ure

Tydverskil kom ons   06.30 in Buenos Aires aan. Dis redelik vroeg en die plan is om `n stads toer te reel met dieselfde bus wat ons na die Hotel moet neem . so`n stadstoer is 3 ure lank en dan kan ons 10.00vm by ons Hotel aankom. Die res van die dag is jy op jou eie in Buenos Aires.

 

Ons Hotel is werklik binne loopafstand van baie besienswaardighede en vermaaklikheids plekke. Dis baie veilig om ro          rond te beweeg en naby uitstekende restaurante en eetplekkies of  supermercados waar jy enige iets kan koop soos so         Pick en Pay.  Die bekende Florida straat is naby die Hotel. Hier gebeur alles en  u sal

baie van U tyd wat ons in Buenos Aires is hier wil deurbring. Leergoedere is hier vollop en goedkoop.

`n Top gehalte leerbaadjie kan jy hier koop vir 100 U$S . Afhangende van die tyd beskikbaar sal ons as `n groep `n uitstappie onderneem.

  

Dag 21.

Vertrek vanaf die Hotel op `n uitstappie na die groot delta waar 5 riviere saam vloei. 20 km Vanaf

Down Town en ons ry per trein daarheen.Ons ry op die waterkanale met die bote wat die mense vervoer wat langs die kanale woon. Middag ete word op een van die eilande geneem en daar kan ook geswem word.

Laat middag keer terug per trein na Buenos Aires.  Delta uitstappie  20  U$S  p. p.  Oornag in  Hotel. Bs As. 

Geniet  Buenos Aires  met vele uitstappies wat van die Hotel af geneem kan word of

Ontspan en verken so veel moontlik van hierdie mooi stad. Daar is `n goedversorgde ondergrondse trein

Stelsel wat jou vinnig kan   laat rond  beweeg. Die mense is vriendelik maar met engels kan jy sukkel so

leer `n paar woorde spaans wat jou baie sal help. Sien my spaanse woordelys

 

Dag 22.

Na ontbyt vertrek na Lughawe vir vlug na Sao Paulo om die konneksie vlug Sao Paulo – Suid Afrika te haal.

Lughawe belasting op Buenos Aires se lughawe is 18 U$S per persoon..

 

Dag 23.  Aankoms op JHB Internasionale Lughawe. 0700 vm

 

Terug na tuis bladsy

 

 

Adverteer op die  internet  bekostigbaar en effektief  ("click"hier)

 

 Copyright © 2004 [ADSSA]. All rights reserved.