Toer Suid Amerika | Brasilië | Rio de Janeiro | Argentinië | Buenos Aires | Patagonia | Peru | Incas | Amasone

Opwindende Toere na Suid Amerika

 

Besoek Brasilië - Rio de Janeiro - Argentinë - Buenos Aires

Gletsers in Patagonia - Peru - Inca Roete en Amasone

 

 

Wil jy saamgaan ?

Werklik n Winskoop Toer

Toer Leier :Jerrie Roux

Tel: 012 329 3991

Cel: 082 784 2465

 

"Kliek" hier vir Toerprogram April 2006

 

 

 

 

Algemene Inligting | Kontak | Fotos

 

Toer 11 April tot 2 Mei 2005 (Toer program en fotos)

 

Toer Augustus / September 2005

 

SUID  AMERIKA  TOERPROGRAM   15 APRIL – 7 MEI 2006

 

 

 

 

 

 

 

Toer Suid Amerika - Brasilië, Rio de Janeiro,   Argentinië,  Buenos Aires,  Patagonia,  Peru,  Incas,  Amasone  ...........

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Toer na Suid Amerika.  

 

11  APRIL  TOT  29  APRIL  2005. 

 BRASILIE    ARGENTINIE   PERU.

 

Hiermee  maak ek graag my volgende toer na Suid Amerika aan u bekend.

Bietjie agtergrond oor myself.

Ek is al oor die 20 jaar aan die rondloop in Suid Amerika.Veral in Argentinie, Brasilie, Paraguay, Chile en Uruguay. Ek praat en lees Spaans. Sedert 1990 het ek my eie besigheid. My vrou Leonie en ek maak leerbaadjies en leerhandsakke . Hoofsaaklik van beesleer wat hulle vir ons in Suid Amerika looi. Van daar die naam Jeroni Leerbaadjies.

Met die ekonomiese insinking in Suid Amerika in November 2001 en met ons Rand wat baie versterk het teen die U. S. Dollar is Suid Amerika een van die goedkoper bestemmings vir Suid Afrikaners.Nou is die idiaale tyd om daar te besoek. Statistiek se 12000 Suid Afrikaners besoek Buenos aires per maand. Die verkoopsmense in Buenos Aires praat al gebroke Afrikaans. Ek neem graag van ons mense met my saam op georganiseerde toere na Suid Amerika. Ek neem mense na die lekker plekke waar ons dit kan geniet. Nie te veel katedrale  kerke en museums nie.Ons besoek die uitstaande natuurplekke, groot riviere, watervalle plekke waar die mense hul eie kultuur en musiek uitleef. Ons eet saam met hulle hul lekker kosse Churuscarias, asados en drink hul cervesas en kai perinas.

Ons vlieg met   SAL.  na Sao Paulo en terug na JHB Binnelands daar vlieg ons met Varig, en Aerolinias Argentina. Baie knap en goed georganiseerd. Die prys sluit al die vlugte in. Alle vervoer van en na die lughawes  of  busterminale toe. Alle verblyf in Hotelle met ontbyt.Op elke plek waar ons gaan is daar verskeie uitstappies.nie almal wil altyd op al die uitstappies gaan nie. Die uitstappies is opsioneel en jy betaal net vir die uitstappies

waarop jy gaan. Meeste uitstappies is tussen 10 en 20 U$D. Met ander woorde tussen R60.00 en R120.00. per  persoon. Met ons besoek aan Peru is die transport na al die plekke wat ons gaan besoek in die prys ingesluit. Dis net as ons op `n plek kom en jy wil iets ekstra doen soos bv om `n  kabelkarretjie na die spits van die berg te neem of ingangs gelde betaal moet word betaal jy self. By die daaglikse program word  die pryse van elke opsionele uitstappie aangedui.

Middag en aandete is vir jou eie rekening. Ek sal sorg vir goedkoop eetplekkies as ons op n uitstappie gaan. Ons gaan nie honger ly nie. In die aande sal ons meestal saam in `n groep na `n restaurant gaan waar ons die tradisionele kos en musiek van die mense kan geniet.`n Smaaklike ete in Rio in die restaurant kos nou 15 Reales. of 5 U$S. R30.00 p.p.

Oral is daar Supermercados soos Pick `n Pay waar jy ook alles kan koop, goedkoop.

Al  die Hotel name en adresse sal aan Toerlede voorsien word voor ons vertrek. Ons gaan nie na 5 ster Hotelle nie maar Hotelle wat skoon netjies en gerieflik is.

Suid Amerika is ook in die Suidelike Halfrond en ons gaan na gebiede wat tropies is tot yskoud.

Ek sal deeglike voorskrif gee van kleredrag vir almal wat saamgaan. Kry solank `n lekker lig gewig reenjas. Kos en drank is so goedkoop dat dit onnodig is om eetgoed saam te neem. Beskuit en `n drink dingetjie is reg. 2 Botteltjies drink goedjies

Terug na begin

 

Toer Program  na  Suid  Amerika.

11 – 29  APRIL  2005.

Brasilie  Argentinie  &  Peru

 

 

 

Toer  11 April tot 2 Mei 2005 "click" hier

 

Dag  1.

Rio de Janeiro.

Aankoms –Transport van lughawe na Hotel in Copa Cabana.

Vroegaand stap langs  die Copa Cabana strand. Aand besoek Restaurant vir `n tipiese

Brasiliaanse  Churuscaria – braai. Laat aand Sambadans vertoning vir die wat nog

energie oor het.

 

Dag  2.

Rio de Janeiro .

Vertrek per bus na die Christus standbeeld bo op die hoogste berg in Rio, die Corcovado.

By die voet van die Corcovado vertrek per trein op tandrat spoor tot heelbo.

Baie mooi uitsig na alle kante van Rio.Daar is netjiese eet en drink plekkies al om die Christus standbeeld.

Ook interessante soewenier winkeltjies.

Vertrek per bus vanaf die Corcovado na die Sugarloaf berg. Ons gaan met Kabelkarretjies

tot op die hoogste  punt. Lieflike uitsig van hier oor die stad en ons geniet `n sundowner terwyl die son

sak oor Rio en ons  sien hoe die liggies van die stad aankom.

Vertrek terug na Hotel en besoek een van die vele kuierplekkies langs die see op die Copacabana.

 

Dag 3.

Vertrek op een van vele uitstappies vanaf Hotel. Bv besoek die baai met 1000 eilande.

Ongeveer 100 km vanaf Rio. Ry per bus tot by die baai en dan per boot tot by een van die eilande.

Middagete ingesluit en dan weer terug na die Hotel, betyds om vir oulaas  bietjie te kuier langs die

Copa Cabana strand se vele uithang plekkies.

In plaas van op een van die uitstappies te gaan kan `n heerlike dag in Copa Cabana deurgebring word.

Daar is vele interessante plekkies om te besoek. Die strand. Een van die vlooimarkte of die vrugte  en

Groente straatmark. `n Paar blokke  word vir die mark toegemaak.   Alles baie skoon.

Interessant om vroegoggend langs die strand te stap en sien hoe die Cariocans inwoners van Rio

vir Kms stap of draf. Oues en jonges. Vettes en mares.  Langes en kortes.  Werklik `n skouspel.

 

Dag 4.

Vertrek  vroegoggend per bus na Sao Paulo. Ongeveer 400 km. Ry deur baie groot dorpe en

dele van die platteland. Op die manier word heelwat van Brasilie gesien.Kom laat middag in Sao Paulo aan.

Die 4de grootste stad in die wereld.

Ons gaan tuis in `n Hotel naby die lughawe. Aand  besoek `n Restaurant in Sao Paulo of  gaan vroeg bed

toe vir `n goeie nagrus.

 

Dag  5.

Vertrek vroeg  0400 vm  na  lughawe vir vlug na  Lima die hoofstad van Peru.

Ons vlieg oor die Andes en land in hierdie Kus stad aan die Stille Oseaan. Direk na aankoms op die

Lughawe vertrek ons na ons Hotel . Ontspan res van dag in Lima en neem  `n halfdag stadstoer.

Ons  Hotel is naby die hoofplein van die middestad en vanaand  besoek ons een van die lekker eetplekkies met tipiese Peru musiek.  Oornag in Lima.

 

Dag  6. 

Na ontbyt vertrek ons na die lughawe  vir die vlug na Cusco  in die suidooste van Peru. I uur vlug.

Cusco is gelee aan die hange van die Andes aan die ooste kant in die vallei  van die Huatanay rivier wat afloop  na die Amasone rivier. Na aankoms op die lughawe van Cusco vertrek ons na ons Hotel. Sentraal

gelee. Cusco is die antieke hoofstad van die Inca  Ryk.  Seker die mees fasienerende plek wat ons besoek.

Van Cusco af begin ons roete op die spoor van die Inca en vroere beskawings wat hul blyplek in hierdie deel van die wereld gemaak het. Ons beweeg in die hoe hange van die Andes en afgesien van die interessante geskiedenis van die gebied word ons deurgaans met wonderlike natuurtonele begroet.

Cusco is 3400 meter bo seevlak. Cusco word beskou as die mees belangrikste argeologiese plek in Suid Amerika. Dit kan gesien word as die hoofstad van die Incas vanwaar hul kultuur versprei het.

Onderneem `n stadstoer  en besoek `n paar van die interessante  plekke van die Incas. Keer laat middag terug na die Hotel en besoek tipiese restaurant met folklore musiek van die gebied. Almal neem deel in die dans en musiek. So neem  U mondfluitjie saam.

 

Dag  7.

Oggend na ontbyt  vertrek per toeriste trein na Machu Pichu die verlore stad. Sowat 110 Km van Cusco af. Ons beweeg tot aan die voet van die berg waar hierdie verlore stad is, Aguas caliente of Warm Water. Dis `n klein dorpie en van hier af gaan ons met ``n geleide toer teen die berg op na die vesting om na al die verskillende  geboue wat deur die Incas gebou was  te kyk. Hier is hul temples , paleise, terrasse en ander geboue.Gebou uit klip sonder enige sement. Laat middag  vertrek ons terug na Cusco met die trein. Oornag in Cusco. Dis Saterdagaand  en vir die wat effens kon slaap op die trein sal ons weer later die aand  `n lekker kuierplekkie opsoek. 

 

Dag  8.

Na ontbyt vertrek ons na Pisaq. Pisaq is 30 km vanaf Cusco en gelee onder aan die voet van die Inca bergvesting wat die afdraai pad was na die ooste  van die Amasone oerwoud. Vanaf die bergvesting

Is `n mooi uitsig wat uitkyk oor die Urubamba Rivier en vallei. Die hedendaagse  Pisaq is `n interessante

Dorpie met `n groot  plein en handewerk mark. Ons sal hier `n Sondag middag ete geniet en nog verder in die valley  af  beweeg en verdere vestings gebou deur die Incas besoek. Soos Ollanta en Ollantaytambo voor ons terug ry na  Cusco toe. Ons oornag in Cusco.

 

Dag  9.

Na ontbyt vertrek ons op 3 dae toer . Met `n spesiale toegeruste  voertuig  teen die Andes af   deur die Manu  Ekologiese Natuurpark.

Op pad besoek ons nog van die geskiedkundige plekke selfs van voor die Inca tydperk. Ons gaan af  na

`n dorpie van die Spaanse Koloniale tydperk  Paucartambo ( sien kaart ) . Nog verder af  na die wolke woud

waar daar altyd `n digte wolklaag is . Die digte wolklaag veroorsaak `n klimaat met hoe humiditeit wat idillies  vir sekere plantegroei is en dan die diere verskeidenheid wat op die plantegroei  floreer. Orgidee boom varings ( van die oudste plante nog ) en baie ander soorte. Verskeidenheid voels  sommige wat net

in sulke natuurplekke voorkom sal gesien word.  Bv . ( Cock of the Rock,   Spectacled Bear ).

Ons beweeg verder tot by  San Pedro kamp waar ons oornag.

 

Dag 10.

Naby ons kamp is `n uitkyk punt waar die ryk verskeidenheid  voels gesien kan word. Onder andere die  nasionale voel van Peru.  Cock of the Rock. Na ontbyt vertrek ons verder met ons oorland  safari. Met `n nou paadjie al langs die vallei af. Baie watervalle op pad.  Vir die meer avontuurlustiges  kan `n deel van die tog per rubberduck dedoen word. Dis heel veilg op `n plat deel van die rivier in die vallei met baie stroom versnellings. Ons gaan verder tot by die hawe  in die groot rivier  Madre de Dios  (moeder van die Here ). By die hawe dorpie Atalaya. Sien kaart. Hiervandaan gaan ons per motorboot  so 30 min se vaart met die groot rivier af tot by ons kamp plek Erika Lodge. Ons oornag 2 nagte hier. Daar is baie kort staproetes om ons kamp. 

 

Dag  11. 

As gevolg van die ligging van ons kamp kom `n groot verskeidenheid diere hier voor. Na ontbyt

gaan ons op `n begeleide staptoer  waar die gids ons sal vertel van die diere en plantegroei wat hier voorkom. Op die staproete is `n lekker swemplek in een van die baie helder water poele  wat ons  teekom. Na middagete gaan ons op `n kort bootrit op die groor rivier wat by ons kamp verby loop na `n meer  waar  `n groot verskeidenheid watervoels gesien kan word. Onder andere die Hoatzin `n primitiewe voel , die swart caiman en ander spesies. Terug in die kamp maak ons reg vir ons laaste aand hier in die Amasone woud.

n Regte Oerwoud.

 

Dag 12.

Vandag vroeg vroeg opstaan. Ons pak al ons goed op die boot en maak reg vir ons terugtog na Cusco toe. Na `n paar minute op die rivier stop ons langs `n klei wal . Hier aanskou ons `n  kleurvolle en raserige  skouspel waar  `n verskeidenheid soorte papegaaie hul dieet aanvul met soute en minerale in die klei. Ons vaar verder tot by die hawe Atalaya waar ons weer ons voertuig kry wat ons  terugneem na Cusco toe. Op pad aanskou ons weer die mooi  gebied en laat middag kom ons  by ons Hotel in Cusco aan.

Betyds vir `n heerlike aandjie  uit.

 

Dag 13.

Vroeg oggend vertrek na die lughawe om vlug van 1 uur na   Lima te haal.

By aankoms in Lima vertrek na die Hotel. Die heel dag le voor en elkeen is vry om te doen soos hy wil.

Ons Hotel is in die middestad  waar alles gebeur  en binne loopafstand van baie dinge om te sien..

Lima is die hoofstad van Peru en aan die kus. Hier is ook nog baie te sien van die Inca tydperk af.  Die   

Bekende Museum van goud is die een museum wat gesien moet word.

Lima is `n stad met baie uitstappies wat die moeite werd is om te doen.

Die aand sal ons `n vertoning met  kleurvolle skouspel van Peruviaanse folklore beleef. Dis na alles        

Saterdagaand en ons gaan nie tuisbly nie.

Ons oornag in Lima of jol die hele aand deur want vroeg vroeg moet ons ons vlug haal na Buenos Aires   

toe.

 

Dag  14.

Vertrek van Hotel in Lima na die lughawe toe om vlug na Buenos Aires te haal. Vir die wat nie   

geslaap het nie is dit nou die kans  op die vliegtuig sodat ons vars in Buenos Aires kan aankom.

Aankoms in Buenos Aires  vertrek na ons Hotel in Down Town Buenos Aires

Ons Hotel is werklik binne loopafstand van baie besienswaardighede en vermaaklikheids plekke. Dis baie veilig om rond te beweeg en naby uitstekende restaurante en eetplekkies of  supermercados waar jy enige iets kan koop net  soos Pick en Pay.  Die bekende Florida straat is naby die hotel. Hier gebeur alles en  u sal

baie van U tyd wat ons in Buenos Aires is hier wil deurbring. Leergoedere is hier vollop en goedkoop.

`n Top gehalte leerbaadjie kan jy hier koop vir 100 U$S . Afhangende van die tyd beskikbaar sal ons as `n groep `n uitstappie onderneem.   

 

Dag 15.

Vertrek vanaf die Hotel op `n uitstappie na die groot delta waar 5 riviere saam vloei. 20 km Vanaf

Down Town en ons ry per trein daarheen.Ons ry op die waterkanale met die bote wat die mense vervoer wat langs die kanale woon. Middag ete word op een van die eilande geneem en daar kan ook geswem word.

Laat middag keer terug per trein na Buenos Aires. Aand besoek restaurant met `n tengo vertoning. Oornag in  Hotel. Bs As. 

 

Dag  16.

Besoek ekologiese tuin binne stapafstand vanaf Hotel. Middag vertrek per stadstoer en besoek

interessante  plekke in Bs As.

 

Dag 17 en  Dag  18.

Geniet  Buenos Aires  met vele uitstappies wat van die hotel af geneem kan word of

Ontspan en verken so veel moontlik van hierdie mooi stad. Daar is `n goedversorgde ondergrondse trein

Stelsel wat jou vinnig kan   laat rond  beweeg. Die mense is vriendelik maar met engels kan jy sukkel so

leer `n paar woorde spaans wat jou baie sal help. Sien my spaanse woordelys

 

Dag 15 , 16 en 17 .

Opsioneel  word `n uitstappie gereel na die Suide van Argentinie.

 

Dag 15.

Vertrek vanaf Hotel na die binnelandse lughawe en vlieg  na Calafet in die suide van Patagonia. vir `n 3 dae uitstappie

Twee nagte in Calafet. Besoek die gletsers op die grootste  binnelandse meer in Argentinie. Naamlik

Largo Argentina. Die gletser Perito Moreno  op die meer.

 

Dag  17.

Calafet vertrek vanaf  Hotel na Lughawe  en vlieg terug na Bs As. Aand terug by Hotel in Bs As.

 

Dag  18.

Heeldag vry om vir oulaas  Buenos Aires  te beleef.  .

 

Dag  19.

Oggend vertrek na Lughawe om vlug te haal na Sao Paulo  en dan na Suid Afrika  later die

middag.

 

Dag  20.

Aankoms in Jhb. 0700 .

 

Druk hier vir Kaart van Suid Amerika

Terug na begin

 

 

 

Vir meer inligting

 

kontak :  Jerrie Roux.

 

 

Tel / Faks 012-3293991  of  0827842465

 

e-pos  jeroni@lantic.net

 

 

Toer Suid Amerika van Suid Afrika , Toer na Brasilie , Toer na Rio de Janeiro, Toer na Argentinie, Toer Buenos Aires

Toer die Inca roete / Incas . Toer na Amasone . Suid Afrikaans toer na Suid Amerika. Inca Roete, Inka, Inkas.

 

Vir egte Leerbaadjies en Leerhandsakke  - druk hier

 

 

 

Adverteer u besigheid op INTERNET  - Bekostigbaar en Effektief

 

Terug na begin

 Copyright © 2004 [ADSSA]. All rights reserved.